Kill your Creativity / Doof jou kreatiwiteit uit



How to stifle your creativity in 10 easy steps

Are you a creative person? Why be creative? Follow these easy steps to stop being creative and be as dull as the rest of the world…

Be scared to do anything. Fear (of other’s opinions, change, and your own embarrassment), is a great tool to have in your arsenal to smother creativity. Go on, be afraid… the greater the fear, the lesser the inspiration.

You are a failure. How many times in the past did you succeed? Failure is painful, shameful, and disgusting. If (when) you fail, you will go through these emotions, so it is better not to try your hand at something new… you will thereby be sure of not failing.

Stay constantly busy. Don’t waste precious time on dreaming and planning – remember fear and failure. Just stay busy with playing simple-minded games, picking your nose and being a nuisance to other people. At least you won’t fail in these.

Be part of the pack. Never ever rock the boat, don’t try to be original, simply be part of the opinion of the majority. Just go with the flow and make sure that you fit in…

Stick to what you know. Do not expand your knowledge, remember that change involves risk, and this can cause fear… of failure… What if the world is truly flat? Will this upset you? You surely don’t want to change your worldview and start rocking the boat, now do you? No, stick to what you know and ignore new ideas, it will go away, trust me…

Always remember that authority is there for a reason. There are people who will think for you, people who will handle all the fear and failure and boat-rocking. They are the people in positions of authority; they are very wise, so listen to them and do what they say. That will prevent embarrassment and fear of other’s opinions. Rules should, after all, never be challenged.

Don’t ask questions. Questions get people into trouble. People were burnt on the stake and dipped in boiling oil and given poison to drink, just because they questioned things. Don’t literally lose your head because you want to question things. Don’t be a weirdo, just accept things and go with the flow…

Your Inner Critic is there to stop you making a fool of yourself. ALWAYS listen to your inner critic, it will remind you of how useless, pointless, and silly your creative ideas are. If you want to be the laughingstock of the town, then ignore your inner critic.

Let the experts do the thinking. Don’t bother the world with your pathetic notions or observations. Humankind is millions of years old, if it was an idea worth having, someone else (especially the experts) would already have thought about it. You don’t possess the qualifications they have and the ability to use such long words as they can. When you are confronted with the notion of trying to think cleverly, simply refer back to the previous 8 steps…

Keep it simple, stupid. Too much thinking and creativity often make life more complicated. The best way to prevent this is to keep everything very simple. Why mess up your head with complicated things? Learning is for children; adults like you don’t need it.

PS: Don’t take any of these to heart or mind. This is a de-reflective exercise, showing you how you ought not to interact with the world. Thank you to Adrian Savage for an adaptation of his work, which is available at https://www.lifehack.org/articles/featured/how-to-stifle-your-creativity-in-10-easy-steps.html

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

Hoe om jou kreatiwiteit in 10 maklike stappe uit te doof

Is jy ‘n kreatiewe persoon? Volg hierdie maklike stappe om jou kreatiwiteit uit te doof en sodoende vervelig en oninteressant soos die res van die wêreld te wees…

Wees bang om enigiets te doen. Vrees (vir andere se opinies, vir verandering, en selfs vir jou eie verleentheid), is ‘n wonderlike hulpmiddel om in jou arsenaal te hê ten einde kreatiwiteit uit te doof. So, moenie terug hou nie, hoe groter die vrees, hoe minder die inspirasie.

Jy misluk te maklik. Hoeveel keer in die verlede het jy geslaag, in vergeleke met misluk? Mislukking is walglik, dit is pynlik en dit vul jou met skaamte. As (wanneer) jy misluk, sal jy deur hierdie emosies gaan, so, dit is beter om nie iets nuuts aan te pak nie… sodoende sal jy jouself kan vrywaar van enige mislukking.

Bly heeltyd besig. Moet nie kosbare tyd vermors op drome en beplanning nie – onthou, daar is iets soos vrees en mislukking. Hou jouself besig met eenvoudige speletjies op jou rekenaar of app-player, grou in jou neus en wees ‘n oorlas vir andere, solank jy net besig bly. Immers sal jy nie misluk in hierdie pogings nie.

Wees deel van die trop. Moet nie die rus versteur nie, moet nie in die bootjie sit en begin om dit heen en weer te wieg tot dit omkantel nie. Nee, wees net deel van die meerderheid en vermy oorspronklikheid. Gaan net saam met die vloei en maak seker dat jy inpas by die gepeupel.

Hou by dit wat jy ken. Moet in hemelsnaam asseblief tog net nie jou kennis verbreed nie. Onthou, verandering behels risikos, en jy weet dat risikos vrees kan veroorsaak… en moet nie van mislukking vergeet nie! Sê nou net die wêreld is regtig plat! Sal hierdie nuwe kennis jou ontstel? Jy wil sekerlik tog nie jou gevestigde wêreld-uitkyk verander en die bootjie begin wieg tot dit omkantel nie? Veel beter om te hou by dit wat jy weet en alle nuwe idees en sieninge te ignoreer. Alles sal weggaan as jy dit bly ignoreer, glo my…

Onthou, gesag en outoriteit is daar vir ‘n rede. Daar is baie mense wie vir jou sal dink; slim mense, mense in posisies van mag. Laat hulle die boot-wieggery doen, laat hulle die risikos en vrees en mislukkings hanteer. Hierdie mense weet wat hulle doen… hulle is wys… doen wat hulle sê… As jy hierdie raad volg, sal jy jouself vrywaar van enige verleentheid en enige negatiewe opinies van andere. Inteendeel, reëls is daar om nagekom te word, jy mag dit nie uitdaag nie!

Moet asseblief tog nie vrae vra nie. Vrae laat mense in die moeilikheid beland. Mense was op die brandstapels aan die brand gesteek, in kokende olie gegooi, in kerkers toegesluit en gif gevoer net omdat hulle dinge begin bevraagteken het. Moet nie ‘n “in-die-bol-getikte”, sonderlinge en ekstrinsieke persoon wees nie. Aanvaar net die dinge soos dit is en gaan saam met die vloei. Hou by die eenvoudige vrae, soos: watter speletjie gaan ek volgende speel? In watter neusgat gaan ek volgende grou? Wie kan ek volgende lasting val?

Jou innerlike Kritikus is daar om te verhoed dat jy van jouself ‘n volslae dwaas maak. Luister ALTYD na daardie innerlike stemmetjie… dit sal jou herinner aan hoe nutteloos, sinloos en laf jou kreatiewe idees is. As jy die uil onder die kraaie (die voorwerp van bespotting) wil wees, ignoreer dan net jou innerlike stemmetjie.

Laat die kundiges die dinkwerk doen. Sien, die dat ek gesê het, moenie vrae vra nie en hou by wat jy ken. Moet nie die wêreld lasting val met jou patetiese idees en observasies nie. Die mensdom is miljoene jare oud. As jou idee enigsinds waarde het, kan jy verseker daarvan wees dat iemand anders (bes moontlik ‘n kundige persoon) reeds daaraan gedink het. Wat nog meer is, jy beskik nie oor die kwalifikasies, die wit jas, aktetas en brille, en ook nie oor die vermoë om lang en ingewikkelde woorde te gebruik, soos daardie slim mense nie. So, die moment wat jou brein jou konfronteer met die idee om jouself slim te hou, verwys jouself dan net weer terug na die vorige 8 stappe.

Hou dit eenvoudig. Te veel dinkery en te veel kreatiwiteit, maak gewoonlik die lewe te gekompliseerd. Die makilikste manier om gekompliseerdheid te voorkom, is om dinge so eenvoudig as moontlik te hou. Waarom met jou kop smokkel deur gekompliseerde dinge aan te leer. Leer is vir kinders; volwassenes soos jy het dit nie nodig nie.

NS: Moet asseblief nie hierdie ter harte neem nie. Hierdie is ‘n dereflektiewe oefening wat jou wys hoe om nie met die wêreld om te gaan nie. Dankie aan Adrian Savage vir die aanpassing van sy werk, wat jy kan lees by https://www.lifehack.org/articles/featured/how-to-stifle-your-creativity-in-10-easy-steps.html.  


Comments