Cruelty / Wreedheid



“Cruelty, like every other vice, requires no motive outside of itself; it only requires opportunity.”
George Eliot

I wonder if there are any species on this planet crueller than us as the so-called humankind (or is it human-unkind?). This may seem like a harsh point to contemplate, but please do contemplate it. If there is another species so indifferent to suffering than us, a species that can find more pleasure in inflicting cruelty than us, then please let me know! To prove my point, simply weigh up the history of humanity with that of the animal kingdom. Yes, there are fierce animals, but I am convinced that they will never outplay our levels of cruelty. All forms of cruelty is just WRONG, it should never be condoned and we should never keep silent when hearing or witnessing acts of cruelty. I think that Seneca, the Roman philosopher and statesman, was right in saying that cruelty springs from weakness. Rather foster strength and practice gentleness towards every other living organism, and if you need to fight someone, do that from the platform of a healthy dialogue, pushed forward by the invisible hands of peace and education. I cannot see how cruelty can take us anywhere, but I am convinced that kindness and gentleness, and a healthy application of our cognition can. Unfortunately, when stupidity, outrage, cruelty, and all the other vices face the same direction as we do, we fail to see it. Let us, therefore, turn our heads and face this array, and change this world for the better.

Rethink our topic for today.
When does cruelty come into play?
Should we entertain cruelty at all?
If you do, be sure of your own downfall!
   
------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Wreedheid, soos elke ander ondeug, vereis geen eksterne motief nie; dit vereis alleenlik die geleentheid.”
George Eliot

Wat Eliot daarmee bedoel, is dat selfs die mees liefdevolle mens in iets wreeds kan verander, solank die geleentheid net reg is. Ek is geneigd om saam te stem, maar ons kan daaroor debatteer. Die punt is net, ek is van mening dat daar geen ander spesie op hierdie planeet is wie meer wreed as on menslike spesie is nie. Dit mag dalk ‘n ongevoelige stelling wees om te maak, maar gaan dink bietjie daaroor. As daar ‘n ander spesie is wat meer traak-my-nieagtig aangaande smart en swaarkry is, wat meer genot put uit die wreedheid wat ons op andere toedien, dan laat weet my. Om my punt te staaf, weeg vir ‘n oomblik die geskiedenis van die mensdom (met die klem op “dom”) op met die van die diereryk (ons uitgesluit). Daar is inderdaad wreedaardige diere in die diereryk, maar nie een van hulle kan die mens se wreedheid troef nie. Ek dink net dat alle vorme van wreedheid verkeerd is. Ons moet dit nie goedmaak nie en ons moet nooit stilbly wanneer ons dit hoor of sien nie. Seneca, die Romeinse filosoof en staatsman, was reg deur te noem dat wreedheid vanuit swakheid ontspring. Koester eerder die krag en innerlike sagmoedigheid wat jy teenoor ander lewende organisms kan bewys, en as jy moet veg, doen dit vanuit die staanspoor van ‘n gesonde dialoog wat voortgeblaas word deur die onsigbare winde van vrede en opvoeding. Ek kan nie sien hoe wreedheid ons enigsinds iewers heen kan neem nie, ek is egter oortuig daarvan dat goedhartigheid en saggeaardheid, en ‘n gesonde skeppie verstand, ons veel verder kan neem. Ongelukkig, wanneer onnoselheid, woede, wreedheid, en enige ander ondeug in dieselfde rigting kyk as wat ons kyk, dan sien ons dit nie raak nie. Laat ons dan ons koppe draai en hierdie skare van ondeug in die gesig staar, en die wêreld ‘n beter plek maak vir ons en diegene wie na ons kom.

Dink diep na oor ons onderwerp vir die dag.
Wat kan jy regtig deur wreedheid vermag?
Wreedheid is ‘n ondeug, weet dit wel…
Is dit enigsinds nodig om jou dit te vertel?

Comments