Crisis / Krisis



 “Any personal crisis - you have to use it to get stronger.”
Carlos Slim

For some people, a crisis may come more natural to them than breathing does. We are not always aware of the crises people go through on a daily basis. How often do you find yourself in a dangerous or worrying time, in a situation or period in which things are very uncertain, difficult, or painful, especially a time when action must be taken to avoid a complete disaster or a breakdown? We all deal with crises differently, especially with it having so many faces. It can present itself in so many ways, whether it is in the form of depression, trauma, some disorder, some form of abuse, self-injury and even suicidal thoughts. Getting through it is not always easy. Crises usually bring change to your life, sometimes even big change. Such a change can have an entire trajectory change on the course of your life. In times of a crisis, not everyone reacts the same. Some people may freak out and do senseless things; their instincts sometimes cause them to react or overreact in ways that make matters worse instead of better. There are a few pointers I can share with you regarding how to handle your own crises, but also some to assist someone else in his/her crisis.

When you feel you are facing a crisis:
Assess – Take time to assess the crisis, do not overreacting.
Plan – Develop best, typical, and worst case scenarios.
Accept assistance – In the planning phase, allow knowledgeable people to help you in your analysis and planning to tackle the crisis.
Act – Be proactive, not reactive. Do something, don’t sit down and feel sorry for yourself.
Communicate transparently and honestly – Consider and respect those who are part of the crisis, if any.

Whenever you see someone else facing a crisis, you can do the following to help him/her through it:
Be available - Make yourself available, be there for that person, but we careful not to overdo it, in the form of harassment.
Listen – You don’t always have to talk, listening may help just as much.
Don't judge – It is not your place to do so, give support, no judgment.
Offer options – Offer ideas for resolving the crisis. Going through a crisis with someone supporting you, makes it so much more tolerable.

Remember, we all face a crisis or ten during the course of our lives. Know how to handle it and let it make you stronger, not cripple you. I hope this may help whenever you face a crisis of some sort.

Mostly in a crisis moment,
there is the presence of an emotional component
If you don’t want to go down and sink,
then you need to resist this instinct.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Enige persoonlike krisis – jy moet dit gebruik om sterker te word.”
Carlos Slim

Vir sommige mense is ‘n krisis meer natuurlik as wat asemhaling is. Ons is nie altyd bewus van die krisisse wat mense op ‘n daaglikse basis deurmaak nie. Hoe gereeld vind jy jouself nie in ‘n gevaarlike of kommerwekkende fase nie? Jy vind jouself in ‘n situasie of periode waarin dinge onseker, pynlik en moeilik is, veral in ‘n tyd waar jy moet optree om ‘n ramp of ‘n persoonlike ineenstorting te vermy. Ons almal het te make met krisisse, en ons almal hanteer dit verskillend. Wat dit erger maak is die feit dat ‘n krisis soveel gesigte kan hê. Inderdaad, ‘n krisis kan talle manifestasies aanneem, hetsy dit in die vorm van ‘n trauma, depressie, afwyking, misbruik, self-beskadiging, of self ‘n selfmoord gedagte is. Dit is nie altyd maklik om deur ‘n krisis te werk nie. ‘n Krisis bring gewoonlik lewensveranderinge teweeg, en gewoonlik is dit aansienlike veranderinge. So ‘n verandering kan jou algehele lewensbaan ontwrig, en dit op sigself skep ‘n nuwe krisis. Nie almal reageer dieselfde in ‘n tyd van krisis nie. Sommige mense mag histeries raak en sinnelose dinge doen; hul instinkte mag soms maak dat hulle oorreageer en dinge in die proses vererger. Erken dit maar, ons het iemand nodig om ons te help deur tye van krisis. As jy dit egter self kan doen, kudos vir jou! Hier is ‘n paar puntjies wat jy in gedagte kan hou wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar of iemand wil bystaan wie ‘n krisis ervaar.

Wanneer jy ‘n krisis ervaar:
Takseer die situasie – Neem tyd en vergewis jouself van die omvang van jou krisis; moet nie oorreageer nie.
Beplan – Skep ‘n beste, tipiese, en nagmerrie-scenario, en hanteer dit van daar af. Moet nie skep wat nie bestaan nie!
Aanvaar hulp – Moet nie skroom om tydens enige fase die raad van kundige mense te aanvaar of in te roep nie. Laat hulle jou bystaan in jou analise en beplanning om die krisis by die horings te pak.
Tree op – Wees proaktief, nie reaktief nie. Doen iets aan die krisis, dit gaan nie help jy sit en bejammer jouself nie.
Kommunikeer deursigtigheid en eerlikheid – Hou diegene wie geraak word deur die krisis in gedagte, en respekteer die feit dat dit ook hulle gaan affekteer. Wees daarom oop en eerlik oor die omvang van die krisis.

Wanneer jy iemand anders in ‘n krisis situasie sien, kan jy die volgende doen om hom/haar deur daardie krisis te help.
Wees beskikbaar - Maak jouself beskikbaar, wees daar vir daardie persoon, maar wees versigtig om dit nie te oordoen nie, moet nie ‘n laspos raak nie.
Luister – Dit is nie altyd nodig om raad te gee nie, soms is dit meer nodig om net te luister.
Moet nie oordeel nie – Dit is verseker nie jou plek om enige oordeel te vel nie. Gee ondersteuning, nie veroordelende uitsprake nie.
Offer opsies – Offer idees aangaande hoe die krisis moontlik opgelos kan word. Om deur ‘n krisis te gaan met iemand wie jou ondersteun, maak die verdraagsaamheid van die krisis soveel beter.

Onthou, ons almal ervaar een of tien krisisse deur die loop van ons lewens. Weet hoe om dit te hanteer, en laat dit jou sterker maak en nie knak nie. Ek hoop dat hierdie jou tot hulp sal wees wanneer jy jou volgende krisis in die oë kyk.

Moet nie dink dat jy deur jou emosies,
jou krisis kan aanspreek.
Laat ek sommer nou ‘n stokkie daarvoor steek,
want daar IS ‘n ander weg wat jy kan kies.

Comments