Complaining / Klaery



“What you're supposed to do when you don't like a thing is change it. If you can't change it, change the way you think about it. Don't complain.”
Maya Angelou

Eckhart Tolle asks that we do the following: “See if you can catch yourself complaining, in either speech or thought, about a situation you find yourself in, what other people do or say, your surroundings, your life situation, even the weather. To complain is always non-acceptance of what is. It invariably carries an unconscious negative charge. When you complain, you make yourself into a victim. When you speak out, you are in your power. So change the situation by taking action or by speaking out if necessary or possible; leave the situation or accept it. All else is madness.” Very true, we easily complain, mostly about trivial stuff. Now look, it is not wrong to be a realistic optimist and speak out against wrongs in the world. It is, however, not kosher to complain about things in a pessimistic manner. What can I say about our topic? Mea culpa, mea maxima culpa”. Yes, I am indeed guilty to complaining at times about things I have no power over. Why do we do that? Israelmore Ayivor, who is an inspirational writer, says that it's not bad to cough, but cover your mouth when coughing. It's not bad to complain, but cover your mouth when complaining, or else you'll spread infections of complaints on others. He feels so strongly about this, that he elsewhere also said that complaining is a vain way of explaining pain without gaining relief. He, therefore, asks of you to keep your complaining far away from others. One part from the serenity prayer rings true: having the power to change what you can and accepting that which you cannot change. I hope that we will rethink the senselessness of actually complaining, even if it makes us feel better.

No time should be wasted on whining,
blaming and complaining.
That won’t work as a strategy,
for life is surely far too short for that, you see.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Wat jy veronderstel is om te doen as jy nie van iets hou nie, is om dit te verander. As jy dit nie kan verander nie, verander dan die manier hoe jy daaroor dink. Moet nie kla nie.”
Maya Angelou

Eckhart Tolle vra dat ons die volgende moet doen: “Kyk of jy jouself, hetsy in spraak of denke, kan uitvang dat jy kla wanneer jy jouself in enige situasie bevind, wanneer ander mense iets sê of doen, aangaande jou omgewing, jou lewens situasie, en selfs oor die weer. Om te kla is altyd die nie-aanvaarding van iets wat is. Dit dra met dit ‘n knaende negatiewe lading saam. Wanneer jy kla maak jy jouself ‘n slagoffer. Wanneer jy egter jouself daarteen uitspreek, bemagtig jy jouself. Verander dus die situasie deur op te tree; jy kan óf die situasie aanvaar óf dit laat vaar. Enigiets anders is gekheid, sê Tolle. Baie waar, ons kla so maklik, en meestal oor beuselagtige dinge. Nou kyk, dit is nie verkeerd om ‘n realistiese optimis te wees en jouself uit te spreek teenoor die verkeerde dinge in die lewe nie. Dit is egter nie goed om op ‘n pessimistiese wyse alewig te kla oor dinge wat regtig nie kommentaar regverdig nie. Wat kan ek hieroor sê? Mea culpa, mea maxima culpa”. Ja, ek maak myself soms skuldig hieraan deur te kla oor dinge waaroor ek geen beheer het nie. Doen die meeste van ons dit nie? Waarom doen ons dit? Israelmore Ayivor, wie ‘n inspirerende skrywer is, sê dat dit nie sleg is om te hoes nie, hou net jou hand voor jou mond. Dit is nie sleg om te kla nie, hou net jou hand voor jou mond sodat jou klaery nie as ‘n infeksie onder andere versprei nie. Hy voel so sterk hieroor dat hy elders ook die opmerking maak dat klaery ‘n nuttelose manier is om pyn uit te druk sonder dat dit enige verligting vir die pyn bring. Dit is die dat hy vra dat ons ons klaagliedere ver van andere moet weghou. Daar is ‘n mooi gedeelte in die Sereniteitsgebed wat vra dat ons die krag gegee moet word om te verander wat ons kan, en te aanvaar dit wat ons nie kan verander nie. Ek hoop dat ons so ‘n bietjie die geneigdheid om met die witbrood onder die arm te kla, in heroorweging sal neem.

Sal ons tog ophou tyd mors deur te kla?
Is dit te veel om van jou te vra?
Slaan eerder hand aan die ploeg,
want vir klakouse is ek nou gans en al te moeg...

Comments