Be Yourself / Wees jouself



“Whenever you find yourself on the side of the majority, it is time to reform (or pause and reflect).”
Mark Twain

I always tell others that I am not normal… To me, the word “normal” means to conform to the “NORM” of “ALL”. When I look at the world, and how broken it is, and at the falsehood of the people, then I will rather not be part of the norm but continue to live my ethically driven and morally laden self-life. Being oneself in a world that is constantly trying to make you something else, is one of life’s greatest accomplishments. Nietzsche says that we as individuals have always had to struggle to keep from being overwhelmed by the tribe. He said that if you try not to be overwhelmed by the masses (tribe), then you will often be lonely and sometimes even be frightened. Nonetheless, he considers that no price is too high to pay for the privilege of owning yourself. My question to YOU today is: To what degree do you own yourself? Think about this. Think about your individuality and how much or how little power/possession you have over it. Are you afraid to take full ownership of your individuality? Why do so many people deny their individuality and fail to express it to its fullest extent? I think I know – because they are more concerned about what others may think of then than they are about their own self-actualization, inner joy and growth. Does this also contribute to why people will rather wear masks! Your selfhood is important because you are unique, there are nowhere on this planet someone like YOU, so why not embrace that individuality? Be who you are, not who the norm of the all is!

There is only one “ME”,
I call that my “Individuality”.
Despotism wants to crush this attribute,
So let us give it the boot.

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Wanneer jy jouself ooit aan die kant van die meerderheid bevind, is dit tyd om te reformeer (of stil te staan en te reflekteer).”
Mark Twain

Ek wys gereeld vir andere daarop dat ek nie normaal is nie… As ek die term “normaal opbreek, beteken dit vir my om te konformeer aan die “NORM” van “ALMAL”. Wanneer ek reflekteer op die gebroke toestand van die wêreld en die valsheid van die mens, dan wil ek nie deel wees van die norm van almal nie. Ek sal veel eerder voortgaan en as individu my eie lewe leef, voortgedryf deur etiese beginsels en belaaid met moraliteit. Een van die lewe so grootste prestasies, aldus myself, is om jouself te bly in ‘n wêreld wat voortdurend probeer om jou te verander en te omvorm. Nietzsche sê dat ons nog altyd in ‘n stryd gewikkel was (en is) om nie oorrompel te word deur die “stam” nie. As jy probeer om nie deur die massas (die stam) oorweldig te word nie, sal jy bes moontlik alleen wees en soms bang voel. Hoe dit ookal sy, volgens Nietzsche (en ek stem met hom volhartig saam) is daar geen prys te duur om te betaal as dit kom by die voorreg om jouself (ten volle) te besit nie. Goed en wel, ons sal onsself nie maklik “ten volle” kan besit nie, maar ons kan streef daarna! My vraag aan JOU vandag is: Tot watter mate besit jy jouself? Dink hieroor na. Is jou lewe die lewe van andere wat jy leef? Dink na oor jou individualiteit en hoeveel mag jy daaroor het. Is jy bang om heerskappy van jou individualiteit te neem? Waarom ontken (onderdruk) so baie mense hul individualiteit, en waarom druk hulle nie hul individualiteit ten volle uit nie? Mensig, dit is baie vrae, en nee, dit is nie ‘n vasvra wedstryd nie! Ek dink egter ek weet waarom mense nie individue wil wees nie, maar eerder deel van die massas wil wees – want hulle is bes moontlik meer besorgd oor wat andere van hulle gaan dink as wat hulle is oor hul eie selfverwesenliking, oor hul innerlike vreugde en oor hul ware menslike groei. Dit is ook bes moontlik die rede waarom mense so daarvan hou om hul maskers te dra? Die punt is, jou “ekheid” is ontsettend belangrik, want jy is uniek. Daar is net een Mona Lisa wat miljoene werd is, die ander is waardeloos omdat hulle oneg is. JY is nie ‘n namaaksel nie, JY is eg, JY is uniek, omhels daarom jou individualiteit! Wees altyd wie JY is, en formeer jouself nie tot die norme van al die andere nie, maar tot jou eie norme.

Daar is net een enkele en unieke “EK”,
Ek noem dit my “Individualiteit”.
As jy dink ek gaan die norme van die massas omhels, is jy gek…
Ek formeer my eie eties-morele lewe, want dit is my beleid.

Comments