Prejudice / Vooroordeel



“Prejudice. A vagrant opinion without visible means of support.”
Ambrose Bierce

Prejudice is nothing else than a pre-formed and unsubstantiated judgment or opinion, an opinion that is not based on reason or actual experience. Prejudice, said Lord Chesterfield, is our mistress; reason is at best our wife, very often heard indeed, but seldom minded. The problem is that the discovery of truth is prevented more effectively not by the false appearance things present to us and which mislead us into error, not directly by weakness of the reasoning powers, but by preconceived opinion, by prejudice. Truth is surely hampered by prejudice, and I always encourage people not to build their knowledge upon speculation – I despise speculations and assumptions. In his reflections on the human condition, Eric Hoffer observed that many people sometimes feel the loss of some prejudice as a loss of vigor. Maybe that is why so many are prejudicial, because of the latter and because of a lack of knowledge. Getting rid of it is also not as easy as it may seem. Prejudice is something most difficult to eradicate from that heart whose soil has never been loosened or fertilized by education. In a heart such as this, prejudice will grow firm there, like weeds among stones. If you have some prejudices, then confront them and learn about them. Face your prejudice and whenever you feel you are going to be prejudicial, then take a stance against it and eradicate it by becoming an informed citizen of this world. Knowledge is the key and it will always be the enemy of prejudice.

You need to practice impartiality,
and shy away from prejudice…
Gain the knowledge so you can see
that being biased only brings injustice…

------------------------------------- ∞ -------------------------------------

“Vooroordeel. ‘n Opinie wat die rondte doen sonder dat dit enige sigbare mate van steun het.”
Ambrose Bierce

Vooroordeel en partydigheid is niks anders nie as ‘n vooropgestelde en ongegronde oordeel of opinie aangaande iets of iemand, ‘n opinie wat nie gebasseer is op rede of die werklike ervaring van daardie iets of iemand nie. Vooroordeel, sê Lord Chesterfield, is ons minnaar of minnares; rede is ten beste ons eggenoot of eggenote, iemand van wie ons gereeld hoor maar nie juis aan steur nie. Die probleem is dat die ontdekking van die waarheid meer effektief belemmer word deur vooroordeel en partydigheid, as wat dit belemmer word deur dinge wat ons sintuie bedrieg en as sulks ons laat verval in foutiewelike interpretasies. Die waarheid kan erg belemmer word deur vooroordeel, en ek moedig mense gereeld aan – soos ek ook nou hier doen – om nie jou kennisbasis te bou op fondasies van vooroordeel en partydigheid nie, net soos wat mens dit nie bou op grond van spekulasie en aannames nie. Inteendeel, ek verafsku spekulasies en aannames. In sy refleksie aangaande die menslike kondisie, het Eric Hoffer die observasie gemaak dat baie mense soms die verlies van vooroordeel sien as die verlies van ‘n lewenskrag. Met ander woorde, as sommige mense ophou om hul vooroordele te beoefen, en eerder hul vooroordele met kennis vervang, dit vir hulle voel asof hulle ‘n deel van die bestaan in die lewe verloor. Dalk is dit waarom vooroordeel beter as kennis is, en dalk ook waarom dit so moeilik is om daarvan ontslae te raak. In ‘n hart waar die grond nooit los en vrugbaar gemaak word deur die kunsmis van onderwys, opvoedkunde en kennis nie, sal vooroordeel ferm groei, soos onkruid tussen klippe en stene. Moet asseblief nie jouself oopmaak vir vooroordeel nie, en indien jy voel jy gaan daardie misstap begaan, neem dan die tyd en vergewis jouself van die werklike stand van sake. Ons leef in die era van Google, so jy hoef nie biblioteek toe te gaan nie – Google dit, maar asseblief tog, gebruik geldige bronne om jou vooroordeel te weerlê. Word asseblief ‘n ingeligde burger van hierdie planeet, jy het die sleutel, dit is kennis, want kennis sal altyd die groot vyand van vooroordeel wees.

Gee jouself asseblief nie oor aan vooroordeel,
jy gaan my regtig met jou vooroordeel verveel…
Bekom kennis en weerlê jou valse opinie,
dit is so maklik soos dit, kan jy dit nie sien nie?

Comments