Deception / Misleiding & Valsheid



“Man’s mind is so formed that it is far more susceptible to falsehood than to truth.”
Desiderius Erasmus

Joking about things, said Max Frisch, is the third best method one may apply in order to deceive people; the second best way is to use sentimentality, but the best and safest method is to tell the plain unvarnished truth. Deception: how many times have you been deceived, and how many times have you deceived someone else? Why are people so susceptible to deception? Is it because we trust so easily? Maybe it is because people want to be deceived, that deceit is dearer to many than the truth? I think that many people think that they will lose control if they don’t pretend and don’t practice some deceit. Dishonesty and deception are better than the truth (just checking if you are paying attention – no, it is NOT better, but there are clearly many who most certainly that deception is better than the truth). More than two millennia ago, Socrates observed that whenever people are deceived and they form opinions which are wide of the truth, then it is clear that the error has slid into their minds through the medium of certain resemblances to that specific truth. It is therefore very important to always pursue the truth. I hope that you will memorize the following words from Shakespeare's: “a false face must hide what the false heart knows”. Let us shy away from those who can blow hot and cold with the same breath, and show the world our integrity by sticking to what is true.

So much deception that we are surrounded with.
So many lies, so many people wearing a disguise…
Is this the life we want to live?
Well, deception has lost its ability to be of surprise.

---------------------------------------------------------------------------------------------------

“Ons denke en ingesteldheid is so geformeerd, da tons veel meer ontvanklik vir valshede is as wat ons vir die waarheid is.”
Desiderius Erasmus

Om grappe te maak oor iets, sê Max Frisch, is die derde beste manier om mense te mislei en te bedrieg; die tweede beste manier is om deur middel van sentimentaliteit ‘n mens ‘n rat voor die oë te draai; maar die beste en veiligste manier om mense “dom” te maak, sê hy, is om hulle die reine waarheid te vertel. Dink ‘n bietjie na hieroor, ongelukkig is mense meer geneigd om die leuen te glo, as wat hulle is om die waarheid te glo... aldus Erasmus se uitlating hierbo waarmee ek begin het. Bedrieëry & misleiding: kan jy tel hoeveel keer jy al bedrieg was, en hoeveel keer mense jou al mislei het? Het jy jouself al afgevra waarom mense daarmee wegkom om jou te bedrieg en te mislei? Waarom is mense so ontvanklik vir misleiding? Is dit dalk omdat ons mislei en bedrieg wil wees? Is dit omdat bedrog dalk meer kosbaar vir mense is as wat die waarheid is? Ek is vas daarvan oortuig dat baie mense daarvan oortuig is dat hul dalk beheer sal verloor as hulle nie tot ‘n mate andere bedrieg en voorgee nie. Karen Zoid en Francois van Coke is in die kol met hul liedjie “Toe vind ek jou”. Daarin herhaal hulle die refrein: GEEN PRETENSIE GEEN BEHEER. Oneerlikheid/Bedrog/Misleiding/Valsheid – hierdie bly darem maar baie beter as die waarheid, of hoe? NEE – ek kyk net of jy oplet – dit is NIE beter nie, maar kom ons gee toe, dit is vir baie ander mense beter, ek hoop net jy is nie een van hulle nie. Meer as twee duisend jaar gelede, het my ou vriend Socrates die opmerking gemaak dat wanneer mense mislei word, en hulle dan opinies vorm (op grond van hul misleiding) wat wyd verwyderd van die waarheid is, dan is dit duidelik dat die gebrekkige waarheid (en misleiding) hul menswees en gesonde oordeel binnegesluip het deur die medium van seker ooreenkomste tot daardie spesifieke (verdraaide) waarheid. Met ander woorde, baie mense is maar nou net ontvanklik vir misleiding omdat hulle nie van beter weet nie. Byvoorbeeld, as jy nie die marksisteem ken nie, en nie vertroud is met hoe markaandele werk nie, is jy klaar oop en ontvanklik vir iemand om jou uit jou spaargeld te bedrieg. Dit is daarom SO BELANGRIK om ALTYD die waarheid na te jaag, navorsing te doen en meer as twee alternatiewe opinies in te win. Só sal jy dan ‘n bedrieër en ‘n misleider die nekslag kan toedien en hom/haar kan ontbloot van sy/haar bedrieglike motiewe. Ek hoop en vertrou dat jy vandag ag sal slaan op die woorde van Shakespeare: “’n valse gesig moet verberg dit wat die valse hart ken”. Laat ons dan ons rûe wegdraai van diegene wie warm en koue lug in dieselfde asem uitblaas. Laat ons eerder aan die wêreld ons integriteit toon deur vas te staan in dit wat die waarheid is en altyd die waarheid na te srteef.

Soveel bedrog en misleiding wat ons omring,
hoe gaan ons dit ooit kan keer?
Selfs Francois van Coke en Karen Zoid het daaroor gesing:
GEEN PRETENSIE GEEN BEHEER…
Daar is wel ‘n manier om eerbaar te wees en bedrieërs te keer,
en dit is om jou lewe met waarheid te omring

Comments